John 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jesus antwoord en sê vir hom: Is jy 'n heer van Israel en weet jy nie hierdie dinge nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus antwoord hom: “Jy is die leermeester van Israel en jy is nie vertroud met hierdie dinge nie?
Afrikaans 1933/1953
Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
Afrikaans 1983
En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Jesus het hom geantwoord: “Jy is dié leermeester van Israel en jy begryp hierdie dinge nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het gesê: “Jy is iemand wat vir die mense van Israel leer om God te dien. Hoekom verstaan jy dit nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus gaan toe voort: “Hoe is dit moontlik dat jy nie hierdie dinge verstaan nie? Jy is dan self ’n onderwyser wat die Israeliete oor godsdienstige dinge touwys moet maak.”