John 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vrou sê vir Hom: Meneer, jy het niks om mee te put nie, en die put is diep; waarvandaan het jy dan die lewende water?
Afrikaans (NLV) 2011
Die vrou sê vir Jesus: “Meneer, jy het nie eers ’n skepding nie, en die put is diép. Van waar kry jy dié lewende water?
Afrikaans 1933/1953
Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
Afrikaans 1983
Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die vrou sê vir Hom: “Meneer, u het nie eers 'n skepding nie, en die put is diep. Waarvandaan kry u dan die lewende water?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vrou sê toe: “Meneer, jy het niks waarmee jy water kan skep nie, en hierdie put is diep. Waar sal jy die water kry wat 'n mens waarlik laat lewe?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Meneer, hierdie put is diep en jy het nie eens ’n emmer en tou nie. Waar dink jy gaan jy daardie vars water vandaan kry?” vra sy.