John 7:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As iemand sy wil wil doen, sal hy van die leer weet of dit van God is, en of ek uit myself spreek.
Afrikaans (NLV) 2011
As iemand gewillig is om God se wil te doen, sal hy weet of dié onderrig van God afkomstig is en of Ek uit my eie praat.
Afrikaans 1933/1953
As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
Afrikaans 1983
As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand bereid is om sy wil te doen, sal hy, wat hierdie leer betref, weet of dit van God is en of Ek uit my eie praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Iemand wat doen wat God wil hê, sal weet of die dinge wat Ek vir julle leer, van God kom en of dit van Myself kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense wat regtig ernstig is om aan God gehoorsaam te wees, sal dadelik hoor dat wat Ek sê van God af kom.