John 7:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Watter manier van sê is dit wat hy gesê het: Julle sal My soek en My nie vind nie; en waar Ek is, daarheen kan julle nie kom nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Wat beteken die uitdrukking as Hy sê: ‘Julle sal My soek, maar nie kry nie, want waar Ek My dan bevind, kan julle nie kom nie’?”
Afrikaans 1933/1953
Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
Afrikaans 1983
Wat bedoel hy met die woorde: Julle sal My soek en My nie kry nie, want waar Ek dan is, kan julle nie kom nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat beteken hierdie uitspraak wat hy gemaak het, ‘Julle sal My soek en My nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat beteken dit wanneer hy sê: ‘Julle sal My soek en My nie kry nie,’ en ‘Julle sal nie kan gaan waar Ek sal wees nie’?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ja-nee, Jesus se woorde dat Hy na ’n plek toe gaan waar hulle Hom nie sal kan uitsnuffel nie, het die Jode aan die raai gehou.