John 8:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat sonde doen, is die dienaar van die sonde.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het hulle geantwoord: “Ek verseker julle, elkeen wat aanhou sonde doen, is ’n slaaf van die sonde.
Afrikaans 1933/1953
Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.
Afrikaans 1983
Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het hulle geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As 'n mens sonde doen, dan is hy 'n slaaf van die sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dis eenvoudig: as jy sonde doen, is jy tog ’n slaaf; die sonde se slaaf, nie waar nie?” sê Jesus.