Jonah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die manne baie bang geword en vir hom gesê: Waarom het jy dit gedoen? Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE gevlug het, omdat Hy dit aan hulle gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek is besig om van die Here af weg te vlug.” Toe het groot vrees die matrose beetgepak. Hulle het uitgeroep: “Hoekom doen jy dit?”
Afrikaans 1933/1953
Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.
Afrikaans 1983
Die manne het baie bang geword en vir Jona gesê: “Wat het jy nou aangevang?” Hulle het te wete gekom dat hy van die Here af wegvlug: Jona het hulle dit self vertel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manne was toe vreesbevange en het vir hom gesê: “Hoe kon jy so iets doen?” Hulle het immers geweet dat hy besig was om te vlug, weg van die teenwoordigheid van die Here, want hy het dit vir hulle vertel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die matrose het baie bang geword en hulle het gebewe. Hulle het vir Jona gesê: “Hoekom het jy dit gedoen?” Hulle het geweet hy vlug weg van die Here, want hy het dit voorheen vir hulle vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die matrose het verskriklik bang geword. Hulle het geweet dat hy van die Here af probeer wegkom het. Jona het vir hulle vertel dat die Here hom na Nineve toe gestuur het en dat hy nie wou gaan nie. Hulle het vir hom gevra: “Hoe op aarde kan jy so iets doen?”