Jonah 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, dat die see vir ons kalm kan word? want die see het gevloei en was onstuimig.
Afrikaans (NLV) 2011
Die storm het al hoe hewiger geword; daarom het hulle hom gevra: “Wat moet ons met jou doen sodat die see kan bedaar?”
Afrikaans 1933/1953
Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? -- want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.
Afrikaans 1983
Toe vra hulle hom: “Wat moet ons met jou maak dat die see weer rondom ons kan kalm word?” Die see het ondertussen al hoe onstuimiger geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle sê toe vir hom: “Wat moet ons met jou maak sodat die see om ons kan bedaar?” Want die see het al hoe onstuimiger geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die branders in die see het groter geword, en die matrose het vir Jona gevra: “Wat moet ons doen met jou sodat die storm op die see stil kan word?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die storm het al erger geword. Hulle vra toe vir Jona: “Wat moet ons met jou maak, dat hierdie storm kan bedaar?”