Jonah 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die manne het hard geroei om dit na die land te bring; maar hulle kon nie, want die see het gewoel en teen hulle storm.
Afrikaans (NLV) 2011
Die matrose het egter nog harder geroei en die land probeer bereik. Hulle was nie suksesvol nie, want die see het net al hoe onstuimiger geword.
Afrikaans 1933/1953
Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.
Afrikaans 1983
Die manne het hard geroei om weer die vasteland te bereik, maar hulle kon nie, want die see het al hoe onstuimiger geword rondom hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die mans het hard geroei om weer die land te probeer bereik, maar hulle kon nie daarin slaag nie, want die see het al hoe onstuimiger geraak teen hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die matrose het hard geroei en hulle het eers probeer om terug te kom by die land, maar hulle kon nie, want die branders van die see het groter en groter geword rondom hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die matrose het eers land toe probeer roei. Hulle kon dit nie regkry nie, want die see was te rof.