Jonah 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons smeek U, HERE, laat ons nie omkom ter wille van hierdie man se lewe nie en nie onskuldige bloed op ons gooi nie; want U, HERE, het gedoen wat U behaag het.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het die Here aangeroep en gesê: “Ag, Here, moet tog nie dat ons weens hierdie man vergaan nie. Moet ons nie verantwoordelik hou vir sy dood nie. Here, U het gedoen soos U wou.”
Afrikaans 1933/1953
Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae.
Afrikaans 1983
Toe bid hulle tot die Here en sê: “Ag, Here, moet ons tog nie laat vergaan oor hierdie man nie. Moenie dat ons iemand onskuldig doodmaak nie. U is die Here, U doen wat U wil.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het hulle die Here aangeroep. Hulle het gesê: “Ag, Here, laat ons asseblief nie vergaan as gevolg van hierdie man se lewe nie. Moet dit tog nie teen ons hou as ons onskuldige bloed vergiet nie. U is immers die Here; U doen wat U wil. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het tot die Here gebid en gesê: “Ag, Here, U moet ons asseblief nie laat sterf omdat hierdie een man verkeerd gedoen het nie. Help ons ook dat ons nie iemand doodmaak wat onskuldig is nie. U is die Here, U kan doen wat U wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het toe tot die Here begin bid: “Here, moet ons asseblief nie oor hierdie man laat doodgaan nie. Ons is jammer as ons hom nou onskuldig in die see gaan gooi, maar U moet maar met hom laat gebeur wat U goeddink.”