Jonah 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het hulle Jona opgeneem en hom in die see gegooi, en die see het opgehou van sy woedende.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het die matrose Jona opgetel en in die see gegooi. Die onstuimige see het dadelik kalm geword.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.
Afrikaans 1983
Hulle vat toe vir Jona en gooi hom in die see. Die storm op die see het toe bedaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het Jona opgetel en hom in die see gegooi, en die see het opgehou met sy getier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het Jona opgetel en hulle het hom in die see gegooi. Toe het die see kalm geword en die branders was nie meer groot nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het toe vir Jona gevat, hom oor die kant van die skip gelig en hom in die see gesmyt. Die storm op die see het dadelik bedaar.