Jonah 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die manne die HERE uitermate gevrees en aan die HERE 'n offer gebring en geloftes gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Groot vrees vir die Here het die matrose aangegryp. Hulle het ’n offer vir die Here gebring en ’n belofte gemaak om Hom te dien.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die manne die HERE gevrees met 'n groot vrees en 'n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.
Afrikaans 1983
Die manne het toe baie bang geword vir die Here en hulle het vir Hom 'n offer gebring en geloftes afgelê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe was die manne geweldig bang vir die Here. Hulle het vir Hom 'n offer gebring en geloftes afgelê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die matrose het baie bang geword vir die Here. Hulle het vir die Here 'n offer gebring en hulle het belowe om nog meer offers vir die Here te gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het die matrose baie groot respek vir die Here gegee. Hulle het net daar ’n offer vir Hom gebring en belowe dat hulle Hom voortaan sal aanbid.