Jonah 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die HERE het 'n groot vis berei om Jona in te sluk. En Jona was drie dae en drie nagte in die maag van die vis.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe stuur die Here ’n groot vis om Jona in te sluk. Jona was vir drie dae en drie nagte in die vis.
Afrikaans 1933/1953
En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
Afrikaans 1983
Toe stuur die Here 'n groot vis om vir Jona in te sluk, en hy was drie dae en nagte in die vis se maag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het dit so beskik dat 'n groot vis Jona insluk, en hy was drie dae en drie nagte lank in die vis se maag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het 'n groot vis gestuur om vir Jona in te sluk. Jona was drie dae en drie nagte binne-in die vis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het ’n groot vis gestuur om Jona in te sluk. Jona was drie dae lank binne-in die vis.