Jonah 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en roep daarteen; want hulle boosheid het voor my aangesig opgekom.
Afrikaans (NLV) 2011
“Maak klaar en gaan na die groot stad Nineve toe! Praat ernstig met hulle, want Ek het hulle slegte lewenswyse raakgesien.”
Afrikaans 1933/1953
Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninev, en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.
Afrikaans 1983
“Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan, want Ek weet hoe sleg hy is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Staan op, gaan na die groot stad Nineve en spreek hulle aan, want die kwaad wat hulle doen, het opgestyg tot voor My.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Jy moet gereedmaak, jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet met daardie mense gaan praat en vir hulle sê Ek sal hulle straf, want Ek het gesien hulle doen baie sonde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.”