Jonah 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die HERE het 'n groot wind in die see uitgestuur, en daar het 'n geweldige storm in die see gekom, sodat die skip gebreek het.
Afrikaans (NLV) 2011
Tydens die vaart het die Here skielik ’n sterk wind oor die see laat opkom. Daar het ’n hewige storm ontstaan en gedreig om die skip te laat sink.
Afrikaans 1933/1953
Maar die HERE het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.
Afrikaans 1983
Maar die Here het 'n kwaai storm oor die see laat opkom. Daar was 'n baie sterk wind op die see, en die skip wou uitmekaar breek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Here het 'n sterk wind oor die see laat opkom. Daar was 'n groot storm op see en die skip was op die punt om in stukke te breek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het 'n baie sterk wind oor die see gestuur. Daar het 'n groot storm op die see gekom, en die skip het amper gebreek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here self het ’n baie sterk wind oor die see laat opsteek. ’n Yslike storm het op die see losgebars. Dit het gelyk of die skip uitmekaar gaan breek.