Jonah 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die seevaarders bang geword en elkeen tot sy god geroep en die goed wat in die skip was, in die see gegooi om dit vir hulle ligter te maak. Maar Jona het in die kante van die skip afgeklim; en hy het gelê en vas aan die slaap.
Afrikaans (NLV) 2011
Uit vrees vir hulle lewens het die matrose tot hulle gode om hulp geroep. Hulle het van die vrag oorboord gegooi om die skip ligter te maak. Terwyl dit alles gebeur het, het Jona afgegaan na die vragruim van die skip en daar gelê en geslaap.
Afrikaans 1933/1953
Toe word die seeliede bang -- hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.
Afrikaans 1983
Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die matrose was bang en het elkeen na sy god om hulp geroep. Hulle het ook die toerusting wat op die skip was, in die see gegooi om hulle vrag ligter te maak. Jona het egter afgegaan na die agterste ruim van die skip en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die matrose op die skip het bang geword. Elkeen het tot sy god gebid en gevra sy god moet hom help. Die matrose het die goed wat op die skip was, afgegooi in die see om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip. Hy het daar gaan lê en hy het aan die slaap geraak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die matrose het bang geword en gedink dat die skip gaan sink. Elkeen het sy god gesoebat dat hy hulle nie sal laat doodgaan nie. Hulle het selfs van die vrag op die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Jona het onder in die skip gelê en slaap.