Jonah 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe kom die skeepshoof na hom en sê vir hom: Wat bedoel jy, o slaper? staan op, roep u God aan, as dit so is dat God aan ons dink, dat ons nie verlore gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die kaptein van die skip het afgegaan na Jona toe en vir hom geskreeu: “Hoe kan jy in sulke omstandighede slaap? Staan op en bid tot jou god! Miskien sal hy ons genadig wees en ons lewens spaar.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop kom die skeepskaptein na hom toe aan en sê vir hom: Wat makeer jou dat jy so vas slaap? Staan op, roep tot jou God! Miskien sal die God aan ons dink, sodat ons nie vergaan nie.
Afrikaans 1983
en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die skeepskaptein gaan toe na hom en sê vir hom: “Wat is dit met jou dat jy so vas lê en slaap? Staan op! Roep jou god aan! Miskien sal dié god aan ons dink en sal ons nie ondergaan nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die kaptein van die skip het na hom toe gekom en vir hom gesê: “Hoekom slaap jy? Staan op, bid tot jou God. Miskien sal Hy aan ons dink, en dan sal ons nie sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die skip se kaptein gaan toe na hom toe en vra vir hom: “Hoe kan jy in hierdie storm lê en slaap? Staan dadelik op. Bid ook tot jou god. Miskien sal daardie god hom aan ons steur en keer dat ons vergaan.”