Jonah 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het elkeen vir sy maat gesê: Kom, laat ons die lot werp, dat ons kan weet om wie se rede hierdie onheil oor ons is. En hulle het die lot gewerp, en die lot het op Jona geval.
Afrikaans (NLV) 2011
Die matrose sê toe vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan vasstel wie hierdie krisis veroorsaak het.” Hulle het dit gedoen en Jona is uitgewys.
Afrikaans 1933/1953
Hulle sê toe vir mekaar: Kom en laat ons loot; dan sal ons weet om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het. En hulle het geloot, en die lot het op Jona geval.
Afrikaans 1983
Toe sê die manne vir mekaar: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind oor wie hierdie ramp ons tref.” Hulle het lootjies getrek en Jona is aangewys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons beslis die saak deur die lot, sodat ons kan weet deur wie se toedoen hierdie ramp ons tref.” Hulle het met die lot beslis en die lot het Jona uitgewys.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die matrose het vir mekaar gesê: “Kom ons trek lootjies sodat ons kan uitvind wie se skuld is dit dat hierdie storm oor ons gekom het.” Hulle trek toe lootjies, en die lootjies wys dit is Jona se skuld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die matrose het toe onder mekaar besluit om lootjies te trek. So sou hulle kon agterkom wie die oorsaak van die groot storm was. Hulle het lootjies getrek. Jona se naam is getrek.