Jonah 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Ek is 'n Hebreër; en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë grond gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011
Jona het geantwoord: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die Here, die God van die hemel wat die see en die land gemaak het.
Afrikaans 1933/1953
En hy antwoord hulle: Ek is 'n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.
Afrikaans 1983
Jona het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër. Ek dien die Here die God van die hemel wat die see en die vasteland gemaak het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hulle geantwoord: “Ek is 'n Hebreër, en die Here, die God van die hemel wat die see en die droë grond gemaak het, dien ek met ontsag.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jona het vir hulle gesê: “Ek is 'n Hebreër en ek dien die Here, die God van die hemel. Hy het die see en die land gemaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê toe vir hulle: “Ek is ’n Hebreër. Ek aanbid die Here, die God van die hemel. Dit is Hy wat die see en die land gemaak het.”