Jonah 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want U het my in die diepte gewerp, in die middel van die see; en die strome het my omsingel: al jou golwe en jou golwe het oor my getrek.
Afrikaans (NLV) 2011
In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel.
Afrikaans 1933/1953
U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
Afrikaans 1983
U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het my in die diep water gegooi, in die diepste plek van die see. Daar was water bo-oor my. U het groot branders gestuur, en die water het oor my gespoel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek.