Jonah 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê ek: Ek is van u aangesig weggewerp; tog sal ek weer na u heilige tempel kyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf. Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’
Afrikaans 1933/1953
Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
Afrikaans 1983
Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gedink U het my weggegooi, U wil my nie meer sien nie. Maar ek sal weer u gewyde tempel sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie.