Jonah 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die waters het my omsingel, tot in die siel: die diepte het my rondom toegesluit, die onkruid was om my kop gewikkel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Water het my verswelg, die diepwaters het my omring. Seegras was om my kop gedraai.
Afrikaans 1933/1953
Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.
Afrikaans 1983
Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Water het my tot aan my keel omsluit, •oerwater het my omring; seewier het my kop omstrengel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die water het my toegemaak, die see was oral rondom my, daar was seegras om my kop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Reg rondom my was daar water, die water het my vasgevang, seegras het om my kop vasgedraai.