Jonah 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het afgegaan na die bodem van die berge; die aarde met sy grendels was om my vir ewig; tog het U my lewe van verganklikheid laat opstaan, HERE my God!
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het afgesak tot waar die berge begin. Ek was afgesluit van die lewe, vasgevang in die land van die dooies. Maar U, Here my God, het my gered uit die oop kake van die dood!
Afrikaans 1933/1953
Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!
Afrikaans 1983
Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Na die basis van die berge het ek afgesak; die aarde – haar sluitbalke was vir altyd toe agter my. “Maar tog het U my lewe uit die grafkuil opgetrek, Here my God!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het afgesak tot by die voet van die berge, diep onder in die see. Die aarde het my daar toegesluit, hy wou my altyd daar hou. Maar U, my God die Here, het my gered uit die dood.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God.