Jonah 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe my siel in my beswyk het, het ek aan die HERE gedink, en my gebed het tot U ingekom, in u heilige tempel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe ek alle hoop verloor het, het ek weer aan die Here gedink. In u heilige tempel het U my gebed gehoor.
Afrikaans 1933/1953
Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
Afrikaans 1983
Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die Here gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek was swak en amper dood, maar toe het ek aan U gedink, Here. Ek het tot U gebid in u gewyde tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is.