Jonah 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal aan jou offer met die stem van danksegging; Ek sal betaal wat ek beloof het. Verlossing is van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek sal met lofliedere vir U ’n offer bring. Ek sal doen wat ek beloof het. Net die Here bring verlossing!”
Afrikaans 1933/1953
Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
Afrikaans 1983
Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar ek, met 'n danklied wil ek aan U 'n offer bring, wat ek beloof het, sal ek betaal. Dit is die Here wat redding bring.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar ek, ek wil my danklied vir U offer. Ek wil doen wat ek belowe het. Die Here het my gered.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal met ’n danklied op my lippe vir U offers bring; wat ek vir U beloof het, sal ek met graagte vir U gee. Dit is net die Here wat ons kan red.”