Jonah 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die mense van Nineve het toe in God geglo en 'n vasdag uitgeroep en rouklere aangetrek, van die grootste tot die geringste onder hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense van Nineve het God se boodskap geglo. Almal, van groot tot klein, het besluit om te vas en om rouklere aan te trek.
Afrikaans 1933/1953
En die manne van Ninev, het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.
Afrikaans 1983
Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die mense van Nineve het toe in God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en hulle het almal, belangrik en onbelangrik, rouklere aangetrek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Nineve het geglo wat God gesê het. Hulle het gesê almal moet vas, hulle moet niks eet nie. Almal het rouklere aangetrek, die belangrike mense en ook die mense wat nie belangrik was nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die inwoners van Nineve het hierdie boodskap geglo. Hulle het besluit dat almal hulle voor God moet verootmoedig en niks moet eet nie. Van die belangrikste mense tot die eenvoudigstes het begrafnisklere aangetrek om vir God te wys hoe spyt hulle was oor alles wat hulle verkeerd gedoen het.