Jonah 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar laat mens en dier met rouklere bedek wees en met krag tot God roep; ja, laat hulle elkeen bekeer van sy verkeerde weg en van die geweld wat in hulle hande is.
Afrikaans (NLV) 2011
Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.
Afrikaans 1933/1953
maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.
Afrikaans 1983
Mens en dier moet rouklere aanhê, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mens en dier moet met 'n roukleed bedek wees. Die mense moet God ernstig aanroep en elkeen moet hom bekeer van sy slegte gedrag en van die geweld wat aan sy hande kleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal moet rouklere dra, mense en diere. Almal moet ernstig tot God bid. Almal moet ophou om sonde te doen en om slegte dinge te doen aan ander mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al die mense en elke dier moet klere aanhê vir ’n begrafnis. Elkeen moet baie ernstig tot die Here bid. Almal moet die verkeerde dinge wat hulle doen, laat staan. Die geweld teenoor mekaar moet dadelik stopgesit word.