Joshua 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Trek die leër deur en gee bevel aan die volk en sê: Maak vir julle kos gereed; want binne drie dae moet julle deur hierdie Jordaan trek om in te gaan om die land in besit te neem wat die HERE julle God aan julle sal gee om dit in besit te neem.
Afrikaans (NLV) 2011
“Gaan deur die kamp en sê vir die mense om padkos reg te kry. Oor drie dae gaan julle deur die Jordaan trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem.”
Afrikaans 1933/1953
Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.
Afrikaans 1983
“Gaan die kamp deur en sê vir die mense: Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Gaan deur die kamp en gee opdrag aan die volk, ‘Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae gaan julle hierdie Jordaan oorsteek om die land binne te gaan, om in besit te neem wat die Here julle God aan julle gaan gee om in besit te neem.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle moet deur die kamp gaan en julle moet vir die mense sê: ‘Julle moet vir julle padkos gereedmaak, want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan-rivier gaan. Julle sal die land vat wat julle God die Here vir julle gee.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gaan deur die kamp en sê vir die mense: Kry vir julle padkos reg, want oor drie dae trek ons deur die Jordaan om die land in besit te neem wat die Here julle God vir julle gee.”