Joshua 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Onthou die woord wat Moses, die kneg van die HERE, jou beveel het deur te sê: Die HERE jou God het jou rus gegee en aan jou hierdie land gegee.
Afrikaans (NLV) 2011
“Onthou die opdrag wat die Here se dienaar Moses vir julle gegee het: ‘Die Here julle God het hierdie gebied vir julle as vaste woonplek gegee.’
Afrikaans 1933/1953
Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het toe hy gesê het: Die HERE julle God verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.
Afrikaans 1983
“Julle onthou die woorde van Moses die dienaar van die Here. Hy het vir julle gesê: ‘Die Here julle God sal vir julle 'n vaste woonplek gee; Hy sal julle hierdie gebied gee.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Onthou die saak waaroor Moses, die dienskneg van die Here, julle opdrag gegee het, ‘Die Here julle God gaan vir julle rus gee en hierdie land aan julle gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[13-14] “Julle moet onthou wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het. Hy het gesê: ‘Julle God die Here het julle vyande oorwin en Hy sal vir julle hierdie grond oos van die Jordaan-rivier gee.’ Julle vroue en kinders en oumense en julle diere mag hier bly, maar almal van julle wat oorlog kan maak, moet voor die ander Israeliete oor die Jordaan-rivier gaan en julle moet hulle gaan help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[13-14] “Julle onthou mos dat die Here se dienaar, Moses, vir julle gesê het: ‘Die Here julle God sal hierdie stuk grond aan die oostekant van die Jordaan vir julle gee as julle nuwe woonplek. Laat julle vroue, kinders en vee dan solank hier bly terwyl julle met julle wapens voor die res van die stamme uittrek om hulle te help om die land in te neem.