Joshua 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos ons in alles na Moses geluister het, so sal ons na jou luister: net die HERE jou God wees met jou, soos Hy met Moses was.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ons na Moses geluister het, sal ons ook aan jou gehoorsaam wees. “Mag die Here jou God saam met jou wees soos Hy by Moses was.
Afrikaans 1933/1953
Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.
Afrikaans 1983
Soos ons aan Moses gehoorsaam was, so sal ons aan u gehoorsaam wees. Mag die Here u God by u wees soos Hy by Moses was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net soos ons aan Moses gehoorsaam was, so sal ons aan u gehoorsaam wees. Mag die Here u God ook by u wees, net soos Hy by Moses was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons sal luister na jou, soos ons geluister het na Moses. Ons is seker dat die Here by jou sal wees, soos Hy by Moses was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons sal na jou luister soos ons na Moses geluister het. Mag die Here jou God by jou wees soos Hy by Moses was.