Joshua 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elkeen wat teen u gebod in opstand kom en nie na u woorde luister in alles wat u hom beveel nie, hy moet gedood word; wees net sterk en vol moed.
Afrikaans (NLV) 2011
Enige persoon wat jou opdragte verontagsaam en nie luister na alles wat jy beveel nie, sal tereggestel word. Jy moet sterk en dapper wees.”
Afrikaans 1933/1953
Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.
Afrikaans 1983
Elke man wat hom teen u bevele verset en nie gehoorsaam is aan al die bevele wat u gee nie, sal doodgemaak word. Wees u net sterk en vasberade.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elkeen wat teen u bevel in opstand kom en nie u woorde gehoorsaam nie, wat u hom ook al beveel, moet sterf. Wees net dapper en sterk.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke man wat nie na jou wil luister nie en wat nie wil doen wat jy sê nie, moet sterf. Maar jy moet sterk en dapper wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Enigeen wat nie doen wat jy sê nie, moet doodgemaak word. Wees jy maar net sterk en vasberade!”