Joshua 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elke plek waarop jou voetsool sal trap, het Ek aan jou gegee, soos Ek vir Moses gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011
Soos Ek vir Moses belowe het, sal Ek elke plek waar julle kom vir julle gee.
Afrikaans 1933/1953
Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.
Afrikaans 1983
Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het dit vir Moses belowe, en daarom sal Ek vir julle elke plek gee waar julle sal kom,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek maak aan jou dieselfde belofte wat ek vroeër aan Moses gemaak het: elke plek waardeur julle trek, sal Ek aan julle gee.