Joshua 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van die woestyn en hierdie Líbanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See teen sononder, sal julle kusgebied wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Alles sal julle grond wees, van die Negevwoestyn af tot by die Libanonberge, die hele gebied van die Hetiete, van die Eufraatrivier af tot by die Middellandse See in die weste.
Afrikaans 1933/1953
Van die woestyn en hierdie L¡banon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.
Afrikaans 1983
van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
van die woestyn en die Libanon-berg tot by die groot rivier, die Eufraat. Die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste sal julle land word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die grense van julle land sal strek van die woestyn in die suide tot by die Libanonberge in die noorde, en van die Eufraatrivier in die ooste deur die gebied van die Hetiete tot by die Middellandse See in die weste.