Joshua 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wees sterk en vol moed, want aan hierdie volk moet jy die land wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, as erfdeel uitdeel.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wees sterk en dapper. Jy is die een wat hierdie volk moet lei om die land in besit te neem. Ek het dit met ’n eed aan hulle voorouers beloof.
Afrikaans 1933/1953
Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.
Afrikaans 1983
Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wees dapper en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet sterk en dapper wees, want jý sal hierdie volk lei om die land te vat wat Ek vir hulle voorvaders belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees sterk, vertrou My blindelings. Jy is die leier wat hierdie volk die land moet inlei wat Ek met ’n plegtige belofte aan hulle voorouers beloof het.