Joshua 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die suidelike kwartier was van die einde van Kirjat-Jeárim af, en die grens loop uit na die weste en loop uit na die waterput van Neftoa.
Afrikaans (NLV) 2011
Die suidelike grens begin buite Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by die Neftoagsfontein.
Afrikaans 1933/1953
en die suidekant begin by die uiteinde van Kirjat-Je rim; en die lyn loop aan in die weste en dan na die waterfontein van Neftoag;
Afrikaans 1983
Die suidelike grens begin teenaan Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by Neftoagsfontein,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan die suidekant strek die grens vanaf die buitewyke van Kirjat-Jearim. Dit strek weswaarts en gaan na die fontein van die Water van Neftoag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die suidgrens begin by Kirjat-Jearim en dan gaan dit wes tot by Neftoag-fontein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die suidelike grens van Benjamin het by Kirjat-Jearim begin, van waar dit weswaarts afgeloop het in die rigting van Neftoag se waterbronne.