Joshua 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Josua, die seun van Nun, het uit Sittim twee manne uitgestuur om in die geheim te spioeneer en gesê: Gaan kyk na die land, Jérigo. En hulle het gegaan en in die huis van 'n hoer met die naam van Ragab gekom en daar vernag.
Afrikaans (NLV) 2011
Josua, die seun van Nun, het in die geheim twee verkenners van Sittim af uitgestuur. Hy het vir hulle gesê: “Gaan verken die land, veral Jerigo.” Hulle is daar weg en het by die huis van ’n prostituut uitgekom. Haar naam was Ragab. Hulle het daar tuisgegaan.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Josua, die seun van Nun, uit Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en J,rigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van 'n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.
Afrikaans 1983
Josua seun van Nun het van Sittim af in die geheim twee verkenners uitgestuur en vir hulle gesê: “Gaan kyk die land deur, veral Jerigo.” Hulle is toe weg en het uitgekom by die huis van 'n prostituut met die naam Ragab en daar tuis gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Josua, seun van Nun, in die geheim twee manne as verkenners uit Sittim gestuur en gesê: “Gaan kyk na die land en Jerigo.” Hulle het gegaan en by die huis van 'n prostituut met die naam Ragab aangekom en daar oornag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josua seun van Nun het twee mans uit die stad Sittim gestuur om spioene te wees. Niemand anders het geweet dat hy hulle gestuur het nie. Hy het gesê hulle moet gaan kyk hoe die land en die stad Jerigo is. Hulle het gegaan en hulle het by die huis van 'n prostituut gekom. Hulle het daar geslaap. Die prostituut se naam was Ragab.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het Josua in die geheim twee spioene uit die kamp in Sittim na Kanaän toe gestuur. Hy het vir hulle gesê: “Gaan kyk die land deur en veral die stad Jerigo.” Hulle is toe daar weg. In Jerigo aangekom, het hulle in die huis van Ragab, ’n prostituut, gaan bly.