Joshua 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die manne het haar geantwoord: Ons lewe vir jou s'n, as jy dit nie ons saak uitspreek nie. En as die HERE die land aan ons gee, sal ons vriendelik en getrou aan jou handel.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mans sê toe vir haar: “Ons lewens is julle versekering. As julle nie ons saak weggee nie, sal ons ons belofte hou wanneer die Here die land vir ons gee.”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die HERE ons die land gee, aan jou guns en trou bewys.
Afrikaans 1983
Toe sê die manne vir haar: “Ons staan met ons eie lewe in vir julle s'n. As julle nie oor ons praat nie en die Here gee ons die land, sal ons jou goed behandel en ons woord hou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die manne vir haar: “Ons self staan in vir julle, tot die dood toe, as julle niks oor hierdie saak van ons bekend maak nie. Wanneer die Here hierdie land vir ons gee, sal ons aan jou guns en trou bewys.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mans het vir haar gesê: “As julle sterf, dan moet ons ook sterf. As julle nie sê wat ons hier kom doen het nie, en as die Here die land vir ons gee, dan sal ons ook goed wees vir julle, ons sal doen wat ons belowe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sê toe vir haar: “Ons is bereid om ons eie lewe as waarborg te gee vir julle veiligheid. As julle ons nie verraai nie, sal ons ons belofte nakom wanneer die Here hierdie land vir ons gee.”