Joshua 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het sy hulle met 'n tou deur die venster laat sak, want haar huis was teen die stadsmuur, en sy het op die muur gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het op die muur gewoon. Haar huis was daar gebou. Sy het hulle met ’n tou deur die venster laat afsak.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;
Afrikaans 1983
Sy het hulle met 'n tou deur die venster laat afsak; haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy in die muur gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het hulle toe met 'n tou deur die venster laat sak, want haar huis was binne die dwarsmure van die stadsmuur; sy het in die stadsmuur gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ragab het die twee mans toe met 'n tou deur die venster laat sak, want haar huis was op die muur van die stad, sy het op die muur gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later het Ragab hulle met ’n tou deur die venster laat afsak, want haar huis was in die stadsmuur ingebou.