Joshua 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê vir hulle: Gaan na die berg, dat die vervolgers julle nie teëkom nie; en verberg julle drie dae daar totdat die agtervolgers teruggekeer het; en daarna kan julle gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Haar raad vir hulle was: “Vlug na die berge toe sodat julle agtervolgers julle nie in die hande kan kry nie. Kruip drie dae lank daar weg totdat die agtervolging verby is. Julle kan daarna weer julle koers kry.”
Afrikaans 1933/1953
en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.
Afrikaans 1983
Haar woorde aan hulle was: “Gaan die berge in sodat die mense wat na julle soek, julle nie raakloop nie. Kruip drie dae daar weg tot hulle die soektog staak. Daarna kan julle julle koers gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het vir hulle gesê: “Gaan na die bergland, anders kom die agtervolgers op julle af. Kruip daar weg vir drie dae, totdat die agtervolgers terugkom. Daarna kan julle verder gaan op julle pad.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy het vir die twee mans gesê: “Julle moet na die berge gaan, sodat die mense wat vir julle soek, julle nie kan kry nie. Julle moet drie dae lank daar wegkruip, daarna kan julle teruggaan op dieselfde pad wat julle gekom het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gaan na die bergagtige gebied toe,” het sy vir hulle gesê, “die soldate sal julle nooit daar kry nie. Kruip dan vir drie dae daar weg totdat die mense wat na julle soek, terugkom Jerigo toe. Daarna kan julle teruggaan na julle eie mense toe.”