Joshua 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elkeen wat by die deure van jou huis uitgaan op die straat, sy bloed sal op sy hoof wees, en ons sal onskuldig wees; en elkeen wat saam met jou in die huis is, sy bloed sal op ons hoof, as enige hand op hom is.
Afrikaans (NLV) 2011
As iemand van hulle by die huis se deur uitgaan buitentoe, sal hy vir sy eie dood verantwoordelik wees. Ons is dan onskuldig. As enigiemand wat saam met jou in die huis is egter iets oorkom, sal dit ons skuld wees.
Afrikaans 1933/1953
Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, die se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, die se bloed sal op ons hoof wees, ingeval 'n hand teen hom is.
Afrikaans 1983
Enigeen wat by jou huis se deure uitgaan buitentoe, sal self vir sy dood verantwoordelik wees, nie ons nie. Ons hou ons verantwoordelik vir enigeen wat by jou in die huis is; daar sal nie 'n hand teen hom gelig word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die bloed van enigiemand wat by die deure van jou huis na buite uitgaan, sal op sy eie kop wees, en ons sal vry wees. Maar die bloed van enigiemand wat by jou in die huis is, sal op ons koppe wees as daar 'n hand teen hulle gelig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As 'n persoon uit jou huis buitetoe gaan, en ons mense maak hom dood, dan sal dit sy eie skuld wees. Maar dit sal ons skuld wees as ons mense iemand doodmaak wat in jou huis is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Enigeen wat nie dan in jou huis is nie, is self verantwoordelik vir sy dood. Dan is dit nie ons skuld as hulle sterf nie. Ons sal sorg dat niemand in jou huis iets sal oorkom nie.