Joshua 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy sê: Dit is volgens jou woorde. En sy het hulle weggestuur, en hulle het weggegaan; en sy het die bloedrooi lyn in die venster gebind.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het gesê: “Soos julle gesê het, so sal dit wees.” Sy het hulle weggehelp en die rooi tou aan die venster vasgeknoop.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.
Afrikaans 1983
Sy het gesê: “Laat dit wees soos julle gesê het,” en sy het hulle laat gaan en hulle is weg. Sy het toe die bloedrooi tou aan die venster vasgebind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het sy geantwoord: “Soos julle gesê het, so sal dit wees.” Daarna het sy hulle weggestuur en hulle het vertrek. Sy het toe die karmosynrooi tou aan die venster vasgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy het toe gesê: “Dit is goed.” Sy het hulle toe laat gaan en sy het die rooi tou aan die venster vasgebind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy het ingestem en hulle toe gehelp om weg te kom. Daarna het sy die rooi tou aan die venster vasgemaak.