Joshua 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het gegaan en by die berg aangekom en daar drie dae gebly totdat die agtervolgers teruggekeer het; en die vervolgers het hulle deur die hele pad gesoek, maar hulle nie gekry nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mans is die berge in. Hulle het drie dae lank daar gebly tot die mense wat hulle agtervolg het, teruggekom het. Die mense wat hulle agternagesit het, het orals langs die pad na hulle gesoek, maar kon hulle nêrens kry nie.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.
Afrikaans 1983
Hulle het vertrek en is die berge in. Daar het hulle drie dae gebly tot die mense wat hulle gaan soek het, teruggekom het. Die mense het langs die hele pad gesoek en niks gekry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het gegaan en in die bergland aangekom. Daar het hulle drie dae gebly, totdat die agtervolgers teruggekeer het. Die agtervolgers het langs die hele pad gesoek, maar hulle nie gekry nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die twee mans het na die berge gegaan en hulle het drie dae lank daar gebly, totdat die manne wat vir hulle gaan soek het, teruggekom het. Die manne het gesoek op die hele pad na die Jordaan-rivier, maar hulle het nie die twee mans gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die spioene is toe weg na die berge toe. Daar het hulle drie dae lank weggekruip. Die koning se manne het intussen oral na hulle gesoek. Uiteindelik het hulle teruggekeer stad toe omdat hulle niks gekry het nie.