Joshua 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die twee manne het toe teruggekeer en van die berg afgeklim en oorgetrek en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle oorgekom het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die mans het toe afgekom uit die berge en is deur die Jordaan terug na Josua, die seun van Nun. Hulle het aan hom teruggerapporteer oor alles wat hulle daar aangetref het.
Afrikaans 1933/1953
Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het.
Afrikaans 1983
Daarna het die twee manne uit die berge teruggekom en is hulle die rivier oor na Josua seun van Nun toe. Hulle het hom alles vertel wat met hulle gebeur het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die twee manne het teruggekeer. Hulle het van die berg afgekom, die rivier oorgesteek en by Josua, seun van Nun, aangekom. Hulle het vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die twee mans het toe afgekom van die berg en hulle het oor die rivier gegaan. Toe hulle by Josua seun van Nun kom, het hulle vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna is die twee spioene bergaf en deur die Jordaan terug na Josua toe. Hulle het hom alles vertel wat gebeur het.