Joshua 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hulle vir Josua: Waarlik, die HERE het die hele land in ons hand gegee; want selfs al die inwoners van die land beswyk vanweë ons.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het vir Josua gesê: “Die Here sal die hele land in ons mag gee. Almal wat in die land bly, is lam van vrees vir ons.”
Afrikaans 1933/1953
Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
Afrikaans 1983
Hulle het vir Josua gesê: “Die Here gee die hele land oor in ons mag. Al die inwoners van die land bewe van vrees vir ons.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het vir Josua gesê: “Die Here het inderdaad die hele land in ons hand gegee. Meer nog, al die inwoners van die land sidder oor ons.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir Josua gesê: “Die Here sal die land vir ons gee, dit is seker, en die mense van die land is ook al klaar baie bang vir ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het ook vir hom gesê: “Die Here gaan ons beslis hierdie land laat inneem, want die mense is verskriklik bang vir ons.”