Joshua 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning van Jérigo het na Ragab gestuur om te sê: Bring die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het toe vir Ragab laat weet: “Laat die mans uitkom wat na jou huis toe gekom het. Hulle het op die land kom spioeneer.”
Afrikaans 1933/1953
stuur die koning van J,rigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken.
Afrikaans 1983
en hy het vir Ragab laat weet: “Lewer die manne uit wat na jou toe, na jou huis toe, gekom het. Hulle is hier om die land te verken.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe stuur die koning van Jerigo 'n boodskap na Ragab: “Lewer die manne uit wat by jou aangekom het, wat in jou huis ingegaan het, want hulle het gekom om die hele land te verken.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning van Jerigo het toe vir Ragab laat weet: “Jy moet die mans uitbring wat na jou huis gekom het, want hulle het gekom om te kyk hoe die land is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy laat weet toe vir Ragab: “Die mans in jou huis het hiernatoe gekom om op ons te spioeneer. Lewer hulle dadelik aan my uit!”