Joshua 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die vrou het die twee mans geneem en hulle weggesteek en so gesê: Daar het manne na my gekom, maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ragab het die twee mans laat wegkruip. Sy het vir die koning laat weet: “Daar was mans hier by my. Ek weet nie van waar af hulle gekom het nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.
Afrikaans 1983
Die vrou het die twee manne weggesteek en vir die koning laat weet: “Daar het manne by my aangekom, maar ek weet nie waarvandaan hulle is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle versteek. Sy het gesê: “Ja, die manne het na my toe gekom, maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ragab het die twee mans weggesteek en sy het vir die koning laat weet: “Dit is waar, die mans het na my toe gekom, maar ek weet nie van waar hulle gekom het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[4-5] “Hier was mans by my,” antwoord sy die koning, “maar ek het nie geweet waarvandaan hulle kom nie. Hulle is in elk geval teen donker al hier weg, nog voordat die stad se hekke gesluit is. Ek weet nie waarheen hulle is nie, maar as julle gou maak, kan julle hulle dalk nog inhaal.”