Joshua 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar sy het hulle op die dak van die huis gebring en hulle weggesteek met die vlasstingels wat sy op die dak in orde gelê het.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het die mans op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlashalms wat sy daar oopgegooi het.
Afrikaans 1933/1953
Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.
Afrikaans 1983
Sy het die twee manne intussen op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat sy daar oopgesprei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sy het hulle na die dak laat opklim en hulle versteek onder vlasstingels wat vir haar op die dak oopgesprei was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Ragab het die mans opgeneem op die dak en sy het hulle weggesteek onder droë vlas wat sy daar oopgegooi het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Intussen het Ragab egter die twee mans op die dak laat klim en hulle tussen die bondels strooi laat wegkruip wat sy daar opgestapel het.