Joshua 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die manne het hulle agtervolg die pad na die Jordaan tot by die driwwe; en sodra die wat hulle agtervolg het, uitgegaan het, het hulle die poort gesluit.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning se soldate het toe na die mans gaan soek langs die pad wat na die driwwe by die Jordaan loop. Net na die agtervolgers weg is, is die stad se poorte gesluit.
Afrikaans 1933/1953
Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het.
Afrikaans 1983
Die koning se manne het na die twee verkenners gaan soek op die pad na die Jordaan toe, in die driwwe se rigting. Nadat die agtervolgers weg is agter die verkenners aan, is die stadspoort gesluit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die manne het hulle agternagesit op die pad na die Jordaan, tot by die driwwe. Die stadspoort is gesluit nadat dié wat hulle agternagesit het, uitgegaan het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die manne van Jerigo het gehardloop op die pad na die Jordaan-rivier tot by die driwwe, en toe hulle uit die stad gegaan het, het die wagte die poort gesluit. Die manne het gedink die spioene is voor hulle op die pad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning se soldate is toe daar weg om na die spioene te gaan soek op die pad wat langs die vlakker dele van die Jordaan verbyloop. Nadat die soldate daar uit is, is die stad se hekke weer agter hulle gesluit.