Joshua 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy vir die manne: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het, en dat julle verskrikking oor ons gekom het, en dat al die inwoners van die land beswyk vanweë julle.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het vir hulle gesê: “Ek weet dat die Here vir julle die land gaan gee. Ons is lam van die skrik. Almal van ons wat in die land woon, is bang vir julle.
Afrikaans 1933/1953
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;
Afrikaans 1983
en het sy vir hulle gesê: “Ek weet die Here gee vir julle die land; ons is skrikbevange vir julle, al die inwoners van die land bewe van vrees vir julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het vir die manne gesê: “Ek weet dat die Here aan julle die land gegee het, en dat vrees vir julle ons oorval het, ja, dat al die inwoners van die land sidder oor julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy het vir hulle gesê: “Ek weet die Here sal die land vir julle gee. Ons is baie bang vir julle, en al die mense van die land is baie bang vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en vir hulle gesê: “Ek weet die Here het hierdie land vir julle gegee. Ons almal is bang vir julle. Om die waarheid te sê, die mense bewe so bang is hulle vir julle.