Joshua 21:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En uit die stam van Náftali, Kedes in Galiléa met sy weiveld, om 'n vrystad te wees vir 'n doodslag; en Hammotdor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld; drie stede.
Afrikaans (NLV) 2011
In Naftali se gebied is die asielstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan met hulle weivelde vir hulle gegee.
Afrikaans 1933/1953
En uit die stam van N ftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galil,a met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;
Afrikaans 1983
en in die stamgebied van Naftali die asielstad Kedes in Galilea, en Gammot-Dor en Kartan, dié drie stede elkeen met sy weiveld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Uit die stamgebied van Naftali was dit Kedes in Galilea, die asielstad vir dié wat doodslag begaan het, met sy meentgrond, Gammot-Dor met sy meentgrond en Kartan met sy meentgrond – drie dorpe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van die Naftali-stam het hulle hierdie stede gekry: die asielstad Kedes in Galilea en die stede Gammot-Dor en Kartan, saam met die weivelde by die stede. Dit was drie stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en uit die gebied van Naftali drie stede met hulle weivelde: die toevlugstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan.