Joshua 24:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volk het geantwoord en gesê: Mag ons nie die HERE verlaat om ander gode te dien nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Die volk het daarop reageer. Hulle het verklaar: “Ons sal nooit die Here los om ander gode te dien nie.
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons die HERE sou verlaat om ander gode te dien;
Afrikaans 1983
Die volk het geantwoord: “Ons dink glad nie daaraan om die Here te verlaat en ander gode te dien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierop het die volk geantwoord en gesê: “Nooit sal ons die Here verlaat deur ander gode te dien nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die volk het vir Josua gesê: “Ons wil glad nie die Here los en ander gode dien nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê die volk: “Ons dink nie vir ’n enkele oomblik daaraan om ons rug vir die Here te draai en ander gode te dien nie!